Ons is ’n man-en-vrou-span wat saam werk, saam droom, en saam boerdery dien. Nel-Agri Dienste is gebore uit ’n liefde vir die land en ’n passie vir harde werk. As vennote – in die lewe én in ons besigheid – verstaan ons die waarde van betroubare arbeid en eerlike verhoudings.

Ons bied seisoenale, arbeidsgedrewe landboudienste vir boere wat op kwaliteit, ervaring en lojaliteit staatmaak. Van vrugte pluk en snoei, tot net konstruksies en pale plant – ons lewer die regte mense met die regte vaardighede, betyds en met trots.

By Nel-Agri Dienste glo ons: “Jou plaas, ons passie.”

Louis en Kayla Nel